Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 38

•••• RUBR I E K Met min kan Hy baie doen MILANIE VOSLOO DIS HEEL NORMAAL OM TE VOEL DAT DIÉ MENSE WAT REGTE WAARDES LEEF, LEIERS WAT MET INTEGRITEIT LEI EN DIEGENE WAT DIE WAARHEID ONDERSTREEP, AL HOE MINDER WORD. DIT KAN ’N MENS SELFS BANG MAAK. T otdat ons weer die verhaal van Gideon lees. Verlede maand het ons weer onthou hoe Gideon tekens van God wou hê dat dit regtig hý is wat die volk moet bevry. Hier lees ons dan hoe Gideon meer as 44 000 manne bymekaar- maak vir die geveg teen die magtige Midianiete. Nee, sê God, dis te veel. “Sê vir die manskappe elkeen wat bang is om te gaan veg, mag van die Gileadberg af wegdraai en teruggaan huis toe.” Net 10 000 bly oor! En weer sê God dat dit te veel is en sif hy die manne verder uit, totdat net 300 oorbly. Die res is geskiedenis. Die vyand word verslaan en hulle het nooit weer herstel nie (Rigters 8:28). Dieselfde God wat met ’n klein klompie dapper manne dui­ sende mense kan verslaan, regeer vandag nog! En steeds sê Hy: “Ek is dan saam met jou!” (Rigters 6:16). Miskien moet ons net weer vandag onthou: • Die waarheid het ’n manier om – ongeag die sneeubaleffek van die leuen – altyd iewers ’n einde aan iets te bring. • Ons Vader dryf – selfs in tye wat dit lyk of dinge heeltemal ontspoor – steeds die lewens-lokomotief. • God het ’n manier om – afgesien van die dinge waaroor ons nie beheer het nie – tog wonderwerke te laat gebeur op maniere wat ons glad nie verwag nie. • Hy werk nie met getalle nie, maar met en deur ’n klein klompie gelowiges se harte. • Gebed kan meer doen as wat ons of enigeen kan verwag. • God het my en jou nodig om ook in hierdie land wonder­ werke te laat gebeur. God kan met min alles doen. Met niks die wêreld skep. Met dapper gelowiges ’n lewe van oorwinning bly bou. Ons moet maar net gehoorsaam, gewillig en binne sy genade bly. Vader, dankie dat U aan my hoop en verwagting gee. Help my om dit te leef. 36 DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario Wen HOOP WAT KAALVOET LOOP Soms druk die lewe... soos ’n paar ongemaklike skoene aan die einde van ’n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee. Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy – ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genade­seën wil toevou. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak... hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wysheid haar lewensondervin- ding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel. Die oordenkings in dié dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Siels­kos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dag- boek word afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin. Die boek se vrystellingsdatum was in Augustus 2016 en is teen R179.95 op die rakke. Wen met Senwes en Cum Uitgewers. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 28 Februarie 2018. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe­ tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.