Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 58

•••• RUBRIEK
FOTO : LEEF

Twyfelmense kan die wêreld verander

56
ONS ALMAL GAAN DEUR TYE VAN STERK GE LOOF EN VERTROUE , NET OM WEER DAARNA TE BELEEF HOE TWYFEL DIE OORHAND IN ONS KRY . TYE WANNEER ONS WONDER OF GOD HOOR , OF HY REGTIG VERSTAAN WAT IN MÝ LEWE GEBEUR EN OF HY ENIGSINS NOG BELANGSTEL OM DEEL TE WEES VAN MY LEWE .
MILANIE VOSLOO

As jy so ’ n twyfelmens is , is jy nie alleen nie . Toe die Here

Gideon ( Rigters 6 ) gaan roep het om die volk te bevry , was hy juis op die vloer van ’ n parskuip besig om koring uit te slaan omdat hy bang was vir die Midianiete . Wanneer die Engel van die Here daar met hom kom praat , glo hy ook nie dadelik nie . Hy vra ’ n teken om seker te maak dis darem nou régtig God wat hier praat . Selfs nadat God ’ n wonderwerk laat gebeur , twyfel hy steeds . Hy vra weer : “ As dit regtig so is soos U gesê het ... wys dit tog vir my . Ek sal vannag ’ n stuk wol op die dorsvloer los . As daar dou op die wol kom , maar die grond rondom bly droog , sal ek weet U wil my gebruik ...” God laat dit so gebeur , maar wéér vra Gideon : “ Moenie ongeduldig met my word nie . Kan ek nog net een keer vra . Laat die wol die keer droog wees , terwyl die grond rondom vol dou is .” En ons weet mos : God het dit ook daardie nag so laat gebeur . Die res van die verhaal vertel hoe God deur een mens wat twyfel , maar tóg doen wat God vra , sy volk deur wonderwerke bevry .
God werk nie noodwendig net met die dapperes en rotsvaste gelowiges nie . Hy werk met en deur my en jou : Mense wat swak voel , maar tog doen . Gelowiges wat soms ook wonder , maar tog bly vertrou . Leiers wat ook maar bang is , maar saam met God die stryd aandurf , die regte pad loop , die waarheid leef ... en so ’ n verskil maak aan die wêreld .
God is ’ n God van twyfelmense . Juis omdat Sy krag dan deur hulle kan werk . Omdat Hy dan kan wys dat Hy – sonder wapen tuig – mense kan verander . Van die wêreld ’ n beter plek kan maak .
Here , ek sit ook dikwels my velletjies uit omdat ek twyfel . Dankie dat U dan nie met my ongeduldig raak nie , maar my keer op keer wys dat U God is . My God , ons God , Suid-Afrika se Vader wil wees .
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario

Wen

HOOP WAT KAALVOET LOOP Soms druk die lewe ... soos ’ n paar ongemaklike skoene aan die einde van ’ n lang dag . Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God ; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel . En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee .
Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies is propvol hoop en inspirasie . Milanie Vosloo wys jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan bly dans oor die lewe en bly hoop . Hoe jy – ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’ n Vader het wat jou stewig vashou . Wat jou met arms vol genade seën wil toevou .
Die oordenkings in dié dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Siels kos vir die vrou wat lééf ! en Laat Sy liefde jou lei . Die dagboek word afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin .
Die boek is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke . Milanie Vosloo is ’ n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het . Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak , hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring . Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wysheid haar lewens ondervinding as suksesvolle sakevrou , skrywer , ma en vriendin met jou deel .
Wen met Senwes en Cum Uitgewers . Een gelukkige leser kan ’ n kopie van Hoop wat kaalvoet loop , 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik , wen . SMS Senwes , Cum , jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 30 November 2017 .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompetisiereëls , besoek die webtuiste www . senwes . co . za .
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario