MARKtoe! Februarie 2015 Uitgawe 13 | Page 51

VEEARTS Ketose is ʼn metaboliese toestand wat ʼn probleem in melkkoeie kan veroorsaak. Dit word veroorsaak deur ʼn toename in die koei se glukose-behoeftes. Ketose kom ook in ander diersoorte voor, soos bv. domsiekte in ooie. deur Dr. Joan Kleynhans Ketose word meesal in hoogs produktiewe koeie of koeie op swak gehalte voeding aangetref. Hoewel dit soms voor kalwing kan voorkom, word dit gewoonlik in die eerste maand van laktasie en soms in die tweede maand, gesien. In ʼn kudde kan dit sporadies voorkom waar enkele individue aangetas word. Dit kan ook endemies wees, waar talle koeie oor ʼn tydperk die toestand ontwikkel. “Ketose ontstaan a.g.v. ‘n tekort aan glukose in die koei se bloed en weefsels. Oorsaak Ketose ontstaan a.g.v. ʼn tekort aan glukose in die koei se bloed en weefsels. Glukose word vervaardig uit die koolhidrate wat die koei inneem deur weiding en ander byvoeding. In laat dragtigheid word baie van die glukose wat gewoonlik vir normale liggaamsfunksies beskikbaar is, gebruik vir voeding van die ontwikkelende kalf. Na die kalf se geboorte word glukose benodig om laktose (melksuiker) en melkvet te vervaardig. Die verhoogde glukosebehoefte kan lei tot ʼn verlaging van die koei se bloedglukose en hipoglisemie kan volg. Ongeveer 80 gram glukose word vereis per liter melk (met 4.8% laktose en 4% melkvet). Dit is nutteloos om glukose of suiker vir beeste of an