OQG 2015 - Row by Row Quilt

OKG 2015 - “Row – by – row” – kwilt… Challenge 2016 Sou daar lede wees wat belangstel in die patrone/inligting, kontak Frances vd Walt - 078 803 4019 die patrone sal dan beskikbaar gestel word – slegs `n minimale koste vir die druk van die patrone/inligting sal verhaal word. Dit is ook op ons blog beskikbaar – oranjequilters.blogspot.com Alg. Inligting: OKG Rytjie – kwilt 2015  Beginners sal met leiding van `n “quilt teacher” moet werk. 1. Gebruik jou eie kleurskema. 2. Blokgrootte – 51/2 ” X 51/2 ” – dit sluit ¼ duim naattoelating in. Blokke na voltooing 5” x 5” . 3. “Shashing” tussenin – 2” breed – sluit naattoelating in of breedte wat jy verkies. 4. “Border” 3 1/2” of soos jy verkies. 5. Kwilt soos verkies – meeste “stitch in the ditch” en/asook echo en ander “free motion” of handkwiltwerk. Versier met siersteke ens. Gebruik jou eie idees om die kwilt te “enhance” – hier is geen definitiewe reëls – gebruik die blokke waarvan jy hou en maak die kwilt na die grootte wat jy verkies. 6. 7. Tegnieke wat gebruik word: 1. Tradisionele metodes 2. “Paperpiecing” 3. 3d Vouwerk 4. “Crazy Patch” – werk 5. “Rouche” /smok– werk 6. Appliekwerk MAAK SOVEEL BLOKKE EN RYE SOOS JY VERKIES/OF GROOTER – HIER IS GEEN REëLS – WEES KREATIEF, DINK BUITE DIE BOKS – DIE “PATROONBLOK” WAT ELKE GROEP VOORGESTEL HET IS NET DIE IDEE - GEBRUIK JOU EIE INISIATEF VERDER!