Hinterlander November / December 2016

H interlander On uitga s 1ste we! NOVEMBER DESEMBER 2016 KWARTAALNUUS UITGAWE 1 INSIDE: 3 Retail tales 4 Ethical notes 6 Nuus van ons takke Hinterland konferensie gee erkenning vir prestasie D ie Hinterland bestuurspan het vanjaar by Stonehenge in Parys bymekaargekom vir ‘n konfe­ rensie wat oor twee dae gehou is. Daar is gereflekteer op die jaar wat verby is, op spanbouaktiwiteite, inspirasie vir die toe­ koms en ‘n prestasietoekenningsaand. Die tema vir die geleentheid was die Olimpie­ se Spele en die dekor en kosstasies het verskeie wêreldkulture gereflekteer. In sy toespraak by die toekenningsaand het Hinterland BD, Daan Bronkhorst, gesê dat dit ‘n besondere eer en voorreg is om aan die stuur van ‘n uitgekose span van besigheidsatlete te staan. Daan het die gehoor aan die spesifieke wennerseienskappe herinner waaroor atlete moet beskik om goud te wen by die Olimpiese Spele. “Hierdie eienskappe is nie baie anders as dit wat benodig word om besigheidsukses te behaal nie. Dit kan opgesom word as spesifieke voor­ nemens, soos omgee en deursigtigheid; die vestiging van integriteit deur konse­ kwentheid, eerlikheid, geloofwaardigheid en sommer net algemene gedrag. Atlete moet ook die aangebore vermoë hê om ‘n plek in die span te behaal en dit sluit in dat hulle in staat moet wees om sodanige vermoëns, kennis en ondervinding toe te pas. Hulle moet ook die begeerte hê om sukses te behaal, ondersteun deur ‘n stewige reputasie en rekord.” Daan het daarop gewys dat vertroue die belangrikste eienskap is, “nie net in terme van besigheid en sport nie, maar ook as integrale deel van ons menswees”. Wat volgens hom waarde toevoeg tot enige mens se werk en lewe: • Stel hoë standaarde. • Leer die belangrikheid van behoorlike beplanning. • Wees gewillig om te verander. • Aanvaar mislukkings en leer daaruit. • Raadpleeg ander vir hulp en raad. • Kyk na jou gesondheid, dit is belang­riker as wat jy dink. • Om te bereik en te oorwin is lekker, hoe jy egter mislukkings hanteer is van meer waarde. • Dit neem tyd om enigiets van waarde te vestig. • Poog om altyd meer te lewer as die waardeproposisie. • Verwag altyd die onvermydelike en han­ teer dit met grasie. • Kommunikeer altyd open­ lik, eerlik en betyds. Congratulations to Magda Spaumer (Stock Planner at Head Office) and Daphne Fourie (Petty Cash Clerk at Head Office) for submitting the winning entry in the “Choose a name for the Hinterland newsletter competition”. Both Magda and Daphne submitted the winning name of Hinterlander which has earned them each a cool R1000 in cash! ’n Volledige lys van die toekennings verskyn op die intranet. AFGRI Town&Country, FarmCity en Senwes Village is handelsmerke van Hinterland AFGRI Town&Country, FarmCity and Senwes Village are trademarks of Hinterland