Hinterlander June / October 2019

H interlander JUNE OCTOBER 2019 KWARTAALNUUS INSIDE: 3 Retail tales 4 Etiese notas UITGAWE 9 5 Nuus van ons takke Hinterland vereer die room van Suid-Afrika se stoetbeeste H interland is vanjaar vir die derde jaar die hoofborg van die Hinterland Nasionale Interraskompetisie. Die kompetisie het sedert sy ontstaan van krag tot krag gegaan en vanjaar was die grootste getal inskrywings, asook die meeste rasse nog. Hierdie kompetisie bly die hoogtepunt tydens die jaarlikse ALFA ekspo, wat die toonaangewende vertoonvenster vir die lewendehawe, akademie en bedryfsorganisasies in die veewaardeketting is. Wat die kompetisie so gesog maak is dat stoettelers moet kwalifi- seer en nie net kan opdaag nie. Daar is tans twaalf kwalifiserende streekskoue waar hulle gekroon moet word as interraswenner. Skoue word elke jaar herevalueer om as kwalifiserende skoue vir ALFA te kan deelneem wat beteken dat daar as gevolg van die kompetisie gesonde wedywering op streekskouvlak ontstaan. Nie net tussen produsente wat hulle beste diere skou om te kwalifiseer nie, maar ook tussen skoue om hulle status as kwalifiserende skou te behou. Die 2019 aanbieding was werklik iets besonders met 10 vroulike diere en 12 manlike diere van reg oor die hele Suid-Afrika wat meegeding het vir die gesogde titel. Die beoordeling was vanjaar weereens ‘n hoogtepunt van die ALFA ekspo en is behartig deur ‘n paneel van vyf interrasbeoordelaars, wie se kommentaar tydens die beoordeling boekdele gespreek het, van die kwaliteit van die aanbieding, voorwaar ‘n pluimpie vir die Suid-Afrikaanse stoet- boere. Hinterland wil graag hiermee ons hartlike gelukwensing oordra aan Riaan Lubbe wat vanjaar die Hinterland Nasionale Interraskam- pioen bul, vertoon het. Die Santa Getrudis bul, Kanonkop van die Redbarrel Stud is al die pad van Swartwater. Hinterland wil ook vir Piet en Hendrik Delport van Migdol gelukwens met die Hinterland Nasionale Interraskampioen koei, ‘n rooi Angus koei met die naam Hide-A-way Serenade. Ook ons opregte gelukwensing en dank aan alle kwalifiseerders vir julle onskatbare rol en bydrae tot die stoetbedryf van Suid-Afrika. AFGRI Town&Country en Senwes Village is handelsmerke van Hinterland AFGRI Town&Country and Senwes Village are trademarks of Hinterland